SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

RESTORASIE VAN BOEKE SE VOORBLAAIE

Die kuns van bewaring • Dank aan Marney van Ginkel

SKATKIS BOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

Soos u hier bo kan sien is dit 'n voorblad wat gerestoreer is vanaf sy oorspronklike geskandeerde formaat. Die voorblaaie van die reeks sagteband boeke is soortgelyk gerestoreer, terwyl die enkel boeke net so geplaas is, sonder enige geredigeerde restorasie proses. Omrede die reeks sagteband boeke uiters gewild was/is, is van die boekies se voorblaaie in 'n baie swak toestand. Van die boeke is verblyk, geskeur, vol buig, skraap of krap merke, ensomeer. Daar is toe goed gedink om miskien die oorspronklike boeke se karakter bietjie prys te gee, deur die voorblaaie te restoreer met sagteware, om sodoende die kyker weer die geleentheid te gee om te kan sien hoe die boekies min of meer gelyk het, die dag toe dit vars uit die drukkery gekom het. Geweldig baie werk is ingesit om die boekies in die spesifieke toestand te kon kry. Ek hoop en vertrou dus dat u dit so sal insien en geniet.

Oorspronklike Voorblad

Oorspronklike Voorblad - Drie vreemde kapers

Gerestoureerde Voorblad

Gerestoureerde Voorblad - Drie vreemde kapers
← Terug na Tuisblad